Star Hill’s winemaking philosophy

A4The Tradouw Highlands is an exceptional area located about 750 meters above sea level on a plateau extending from the Langeberg Mountains into the Little Karoo. The higher altitude, cooler growing conditions and cool moist breezes from sea ensure that the grapes ripen slowly – very slowly which give rise to wonderful flavours. The soil is a clay loam which is well drain overlaying deep clay from an ancient wetland with considerable broken shale and quartzite in the soil.

The cool conditions are ideal for Sauvignon Blanc which shows expressive notes of green fruits and minerality in the wine. The palate is rich and complex with a distinct freshness. For our Viognier & Chenin Blanc we use the wild yeast process to enhance the natural fermented flavours in the wines which shows strong apple and citrus notes. Our Shiraz has structure and is serious in style. Our unique location brings spice and earthy tones to the wine which is fermented in older 225L French Oak barrels for 24 months. The focus is not on the wood ageing but rather to develop more natural tones and flavours.

Our wine making philosophy is based on minimal interference as the terroir gives a fantastic balance naturally. Our aim is to allow the terroir to reflect in the wines.

Wine

Changing Tides 392 (PTY) Ltd ta Star Hill Wines
Die Vlakte, Posbus 342, Montagu, 6720
Tel +27 28 572 1610 Faks +27 28 572 1644 starhill@tradouw.co.za

Click here to download our Order Form

Bespaar op Ouditfooie: Gebruik ʼn Finansiële Oudit Voorbereidings-kontrolelys

A3_1Aangesien  ʼn oudit die aandeelhouers en ander belanghebbende partye van ʼn besigheid teen die risiko van praktyke waar bedrog mag voorkom kan beskerm, kan hulle daarop aandring dat daar jaarliks ʼn finansiёle oudit van die besigheid moet plaasvind.  Indien ʼn oudit versoek word, kan ’n besigheid egter steeds ʼn mate van beheer daaroor uitoefen deur die uitgawes verbonde aan die oudit so laag as moontlik te hou deur goeie ouditbeplanning asook ondersteuning aan die ouditspan.

Die hoofdoel van ʼn finansiële oudit is om te verseker dat die besigheid se rekeningkundige inligting sy finansiële posisie akkuraat weerspieël. Deur jouself in die ouditeure se skoene te probeer plaas en te dink watter inligting hulle mag nodig hê om hul ouditprosedures uit te voer, kan baie inligting reeds voor die oudit begin, versamel word. Deeglike voorbereiding sal druk, vir beide die ouditeure en die besigheid, verminder, en waarskynlik ook die ouditfooie verlaag.

ʼn Besigheidseienaar en/of bestuurder kan die effektiwiteit van die oudit verhoog en ouditkoste verminder deur die volgende stappe te volg:

Voorbereiding voordat die oudit begin

  • Identifiseer ʼn individu wat as skakelpersoon tussen die ouditeure en die besigheid kan optree

Identifiseer ʼn individu met genoegsame ondervinding van die ouditproses, sowel as goeie kommunikasie- en organisasievaardighede om as skakelpersoon op te tree.  Die ideaal is dat kommunikasie tussen die ouditeure en die besigheid so ver moontlik eers deur die skakelpersoon geskied.

  • Eerste ontmoeting met die ouditeure

Stel  ʼn lys saam van alle belangrike besprekingspunte wat die besigheid met die ouditeure wil bespreek en reël ʼn oudit beplannings vergadering ’n tyd voordat die oudit begin. Besprekingspunte kan die volgende insluit:

  • Die doel en omvang van die oudit
  • Inligting wat die ouditeure mag nodig hê
  • Wie is die besigheid se aangewese oudit-skakelpersoon
  • Hoe gaan kommunikasie tussen die ouditeure, die skakelpersoon en die res van die werknemers geskied
  • Verwagte voltooiingsdatum van die oudit
  • Die ouditbegroting gebaseer op die ure wat die ouditeure verwag om aan die oudit te spandeer, uurtariewe van ouditpersoneel en enige ander verwagte ouditkostes vir die besigheid. Indien dit ʼn besigheid se eerste oudit deur die spesifieke ouditeure is kan dit moeilik wees om ‘n ouditbegroting op te stel aangesien die nuwe ouditeure waarskynlik min of geen agtergrondinligting en ouditondervinding van die besigheid het.
  • Finansiële rekords en ander inligting

Vra die ouditeure vir ‘n voorlopige lys van dokumente, verslae en ander inligting wat hulle (die ouditeure) sal benodig om die oudit uit te voer. Oor die algemeen het ouditeure die volgende dokumente nodig:

  • Algemene grootboek.
  • Debiteure grootboek, ouderdoms analise en rekonsiliasies.
  • Voorraadrekonsiliasies en rekords van voorraadopnames.
  • Krediteuregrootboek, ouderdoms analise en rekonsiliasies.
  • Bankstate en bankrekonsiliasies (kleinkas ingesluit).
  • Belastingverwante dokumente byvoorbeeld belastingopgawes wat ingedien is gedurende die periode wat geouditeer word.
  • Groot kontrakte, insluitend verkoopskontrakte, koopooreenkomste, huurkontrakte en versekeringpolisse.
  • Notules van vergaderings waar belangrike besluite geneem is wat ‘n wesenlike invloed op die besigheid het of kan hê in die toekoms.
  • Beleid- en prosedurehandleidings.
  • Interne ouditverslae.
  • Enige ander inligting wat ‘n wesenlike invloed op die finansiële welvaart van die besigheid het of in die toekoms mag hê.

Versamel soveel moontlik van die bogenoemde inligting voordat die oudit begin. Werk self voor die oudit deur die inligting en berei voor vir enige verwagte vrae wat die ouditeure met betrekking tot die inligting mag hê.

1. Gedurende die oudit

  • Verseker dat daar genoegsame kommunikasie tussen die besigheid en die ouditeure is.
  • Reageer so gou, deeglik en akkuraat as moontlik op enige navrae van die ouditeure.

2. Na afloop van die oudit

  • Ouditbestuursverslag

Vra ʼn verslag van die ouditeure aan waar hulle (die ouditeure) moontlike probleme, voorgestelde oplossings en verbeteringe rakende die wyse waarop die besigheid bestuur word, uiteensit. Implementeer soveel moontlik van hierdie voorstelle voor die volgende oudit aangesien dit die volgende oudit se fooie kan verminder.

  • Post-oudit evaluering

Identifiseer swakhede en aspekte wat as tydvermorsing beskou kan word gedurende die laaste oudit. Oorweeg moontlike oplossings en alternatiewe benaderings wat die volgende oudit kan verbeter.

Uit die bogenoemde blyk dit duidelik dat goeie beplanning en voorbereiding van uiterste belang is om die verloop van die ouditproses te vergemaklik en bespoedig, en die ontwrigtende effek wat die oudit moontlik op die besigheid en werknemers hê, te verminder. Ten slotte kan goeie beplanning ook die ouditfooie verminder.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van die artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde raad. (E&OE)

Bronnelys:

Do you use a monthly financial checklist? If not, you might miss something important

A2_1The primary purpose of business is to generate positive cash flow and make a profit, both of which are determined by two factors: money coming into the business and money going out of the business. As long as the money coming in is more than the money going out, you will be smiling. But what if the scenario changes and money going out is more than money coming in?

Will you even know if your business is not making a profit and/or generating enough cash to stay afloat? If you check the financial figures sporadically you might pick up that something’s going wrong eventually but then it might be too late to save the business. If you check the figures religiously once or twice a month and make comparisons between months, you will discover quickly when profitability and cash flow changes for the worse, and you will be able to take steps to rectify this sooner rather than later and have a fair chance of saving your business.

Checking up on your business’ financial affairs at least every month is a good business practice that will help you as a business owner/manager to stay on top of what’s going on in the business. It is crucial to stay in touch with what’s happening elsewhere in the business especially if you are not involved in the day to day running of the business or if the business have grown and you had to delegate some of your workload to others.

Using a checklist regularly and interpreting the results accurately, enables a business owner/manager to get a bird’s eye view of the business in a relatively short period of time. Some of the most important points which should be included in a monthly financial checklist are:

  • Check that accounting software is updated
  • Make sure financial data is entered into the accounting system regularly and accurately
  • Ensure that stocktakes are performed regularly and reconciled with accounting balances; follow up on discrepancies between the counted stock and the theoretical stock balance on the accounting system; be on the lookout for damaged and/or obsolete stock which must be removed from the accounting system
  • Consider implementing a policy of invoicing clients for goods and services as soon as it has been delivered to them
  • Check all bank reconciliations (including petty cash and investments), and follow up on discrepancies and long-outstanding items on the bank reconciliations
  • Check debtors’ reconciliations and follow up on long outstanding amounts
  • Check creditors’ reconciliations and compare with approved list of suppliers; follow up on long-outstanding items on the creditors’ reconciliations
  • Implement periodical asset stocktakes and reconcile results with fixed asset register
  • Review salary records for reasonability of salary deductions, timely payment of PAYE to SARS, etc.
  • Draw up a budget for a future period and compare the actual results for that period with the budget – investigate any material variances between budgeted and actual amounts, keeping in mind that a budget is a forecast and will never be 100% accurate

Indicators of the financial health of a business are calculated from the financial reports and financial statements. By paying attention to these indicators and comparing them from month to month, you will be able to spot trends in the business and the industry in which it operates, and take appropriate action if and when required.

No two business’ checklists will look the same as every business is unique so use caution if you use a standard checklist that has not been customised for your unique business setup. Lastly, make sure you know how to interpret the results you get from working through the checklist otherwise the use of the checklist will just be a waste of time.

 If you would like to implement the use of a monthly financial checklist in your business or improve the financial checklist you are currently using, do contact your financial adviser for professional assistance and advice suited to the specific needs of your business.

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or ommissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.

Reference List:

IFRS vir KMO: Erkenning van inkomste uit die lewering van dienste

A1_1Alvorens die inkomste ontvang vir dienste gelewer erken kan word in die boeke van die verkoper, is daar twee belangrike kwessies wat opgelos moet word naamlik, wanneer word die inkomste erken en teen welke bedrag?

Geld wat ontvang word vir die lewering van dienste kan erken  word as inkomste in die verkoper se boeke sodra die uitkoms van die transaksie betroubaar gemeet kan word. Dit vereis dat daar aan die volgende twee punte voldoen word:

  1. Dit moet waarskynlik wees dat die toekomstige ekonomiese voordele wat verband hou met die transaksie na die verkoper sal vloei.

Tabel 1

Indien daar enige twyfel bestaan rakende enige van die items in die eerste kolom, sal die erkenning van bedrae ten opsigte van die diensleweringstransaksie plaasvind soos uiteengesit in die tweede kolom:

Indien daar onsekerheid bestaan rakende: Sal erkenning as volg geskied:
Invordering van inkomste alreeds erken Erken onkostes wat reeds aangegaan is (Geen aanpassing word gemaak aan die inkomste  wat reeds erken is nie)
Die bedrag wat moontlik nie ingevorder sal kan word nie Erken die bedrag van uitgawes reeds aangegaan
  1. Die onderstaande vier kriteria moet betroubaar gemeet kan word:
  • Bedrag van die inkomste (Let wel Indien dienste verruil word soortgelyke dienste – dit wil sê dienste van dieselfde aard en waarde – word daar nie ʼn inkomste gegenereer nie. Wanneer dienste egter verruil word vir dienste van ʼn ander aard sal die ruiltransaksie wel ʼn inkomste genereer).
  • Bedrag van kostes alreeds aangegaan.
  • Bedrag van kostes wat nog aangegaan moet word om die transaksie te voltooi.
  • Die vlak van voltooiing van die transaksie aan die einde van die relevante verslagdoeningstydperk. .

Tabel 2:

Sodra die vier kriteria hierbo uiteengesit betroubaar gemeet kan word, kan die erkenning van die inkomste geskied soos aangetoon in die tweede kolom hieronder. Die vlak van voltooiing kan uitgedruk word as ʼn persentasie sowel as volgens drie ander metodes wat in. die laaste drie kol punte in die tabel hieronder uiteengesit word.

Kriteria waaraan voldoen moet word: Erkenning sal as volg plaasvind:
Bedrag van inkomste Erken die inkomste na gelang van die vlak van voltooiing (%)
Kostes reeds aangegaan
Kostes wat nog aangegaan moet word om die diensleweringstransaksie te voltooi
Vlak van voltooiing van die transaksie aan die einde van die verslagleweringstydperk
• Indien een handeling meer beduidend as enige ander handeling is Erken die inkomste sodra die beduidende handeling voltooi is
• Indien daar ʼn onbekendeaantal handelinge is wat uitgevoer moet word Erken die inkomste volgens die reguitlyn metode
• Indien ʼn ander metode ʼn beter beraming van die vlak van voltooiing sal kan bepaal Erken die inkomste na gelang van sodanige ander metode

Die vier kriteria kan gewoonlik betroubaar gemeet word sodra die verkoper en die koper betrokke by die diensleweringstransaksie oor die volgende aspekte ooreengekom het:

  • Die regte van beide partye;
  • Vergoeding betaalbaar; en
  • Die wyse en terme waarvolgens die vergoeding betaalbaar sal wees.

Indien die uitkoms van ʼn diensleweringstransaksie nie betroubaar gemeet kan word nie sal die inkomste steeds  in die verkoper se boeke erken word, maar slegs tot ʼn bedrag gelykstaande aan die bedrag van die uitgawes wat aangegaan en  verhaalbaar is.

Omstandighede waar die uitkoms van ’n diensleweringstransaksie nie bepaal of betroubaar gemeet kan word nie, sluit in:

  • Twyfel rakende die waarskynlikheid dat die toekomstige ekonomiese voordele wat geassosieer word met die transaksie na die die verkoper sal vloei omdat:
  • Dit onseker is of die inkomste wat reeds erken is wel invorderbaar gaan wees.
  • Onsekerheid bestaan rakende die bedrag wat moontlik nie invorderbaar sal wees nie.
  • Enige van die volgende items wat verband hou met die transaksie kan nie betroubaar gemeet word nie:
  • Bedrag van die inkomste
  • Bedrag van kostes reeds aangegaan
  • Bedrag van kostes wat nog aangegaan moet word om die transaksie te voltooi
  • Die vlak van voltooiing van die transaksie aan die einde van die verslagdoeningsperiode.

Bogenoemde is ʼn verkorte uiteensetting  van die basiese beginsels vir die erkenning van inkomste uit die lewering van dienste. Die meer spesifieke onderwerpe rakende die erkenning van inkomste uit konstruksiekontrakte val buite die bestek van hierdie artikel. Vir meer inligting rakende die onderwerp kontak jou finansiële adviseur.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van die artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde raad.  (E&OE)

Bronnelys:

  • IFRS for SMEs: A summary by W Consulting and SAICA
  • PWC Training Material for IFRS for SMEs
  • IFRS Foundation: Training material for IFRS for SMEs

Is die koper van ‘n vaste eiendom verantwoordelik vir die betaling van die verkoper se uitstaande munisipale rekening?

A3Is die koper van ‘n eiendom verantwoordelik vir die betaling van uitstaande munisipale skuld wat deur die vorige eienaar van die eiendom opgeloop is? Die kort antwoord is “Nie meer nie”. Lees asseblief die res van die artikel vir die meer volledige antwoord.

Wat in die verlede gebeur het

Munisipaliteite moes uitklaringsertifikate rakende munisipale skuld uitreik waarsonder geen eiendom vanaf ‘n verkoper na ‘n koper oorgedra kon word nie. Hierdie sertifikate het gesertifiseer dat alle uitstaande skuld wat aan ‘n munisipaliteit verskuldig is tot op die datum van oordrag ten volle vereffen is.

Kopers van eiendom het redelikerwys op die sertifikate staatgemaak as bewys dat alle vorige skuld rakende die eiendom ten volle betaal is en dat oordrag van die eiendom na die koper kan voortgaan.

In sommige gevalle is sertifikate egter uitgereik waar alle kostes vir die tydperk voor die oordragdatum van eiendom na ‘n nuwe eienaar nog nie na die munisipale rekenings van die vorige eienaars geallokeer is nie.

Die eerste hofsaak

Na ‘n hofsaak tussen ‘n munisipaliteit en ‘n belastingbetaler in Mei 2013 is die uitspraak van die hof verkeerd deur munisipaliteite geïnterpreteer. Volgens hul interpretasie kon munisipaliteite nuwe eienaars verantwoordelik hou vir munisipale skuld deur vorige eienaars opgeloop, en gevolglik het hulle geweier om uitklaringsertifikate uit te reik voordat alle sodanige skuld betaal is.

Verder sou munisipale dienste na ‘n eiendom afgesny word en sou munisipaliteite weier om sodanige dienste weer aan te sluit totdat alle skulde ten volle vereffen is. Kopers wat ‘n eiendom wou laat oordra, het geen ander keuse gehad nie as om te betaal vir dienste wat nie deur hulself gebruik is nie.

Die tweede hofsaak

In ‘n daaropvolgende hofsaak op 8 September 2014 is uitspraak gelewer dat die munisipaliteite se interpretasie van die vorige uitspraak foutief was. Die volgende beginsels is in hierdie hofsaak neergelê:

  • ‘n Munisipaliteit se reg tot betaling, alhoewel verbind aan ‘n spesifieke eiendom, word beëindig wanneer die eiendom na ‘n nuwe eienaar oorgedra word. Uitstaande munisipale skulde tot op datum van oordrag moet van die verkoper verhaal word.
  • Betaling van skuld vir dienste gebruik deur ‘n vorige eienaar bly die verantwoordelikheid van daardie eienaar. Die koper van ‘n eiendom is nie verantwoordelik vir skuld opgeloop vir dienste gelewer voor die oordrag van die eiendom nie.

Wat het daarna gebeur?

As gevolg van die uitspraak in die tweede hofsaak kon kopers van eiendom wat uitstaande bedrae aan ‘n munisipaliteit moes betaal vir skuld opgeloop deur die verkoper voor die oordrag van eiendom, ‘n terugbetaling van munisipaliteite eis.

Munisipaliteite kon nie weier om uitklaringsertifikate uit te reik of om munisipale dienste weer aan te sluit op eiendomme wat verkoop is, gebaseer op die onbetaalde skuld van ‘n vorige eienaar aan die munisipaliteit nie. Die kwessie van onbetaalde skuld wat opgeloop het voor die datum van oordrag was ‘n saak tussen die munisipaliteit en die vorige eienaar, en die koper het nie outomaties ’n party tot hierdie ooreenkoms geword nie.

Die enigste manier waarop ‘n koper verantwoordelik gehou kan word vir die betaling van die vorige eienaar se munisipale skuld, is indien dit so gespesifiseer of geïmpliseer word in die verkoopskontrak. Kopers word aangeraai om ‘n klousule in die verkoopskontrak in te sluit wat uitdruklik verklaar dat munisipale skuld wat aangegaan is voor die datum van oordrag deur die verkoper vereffen moet word.

Verwysingslys:

Toegang tot die volgende bronne is verkry op 21 Junie 2015:

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies. (E&OE)

Die PAIA-handleiding: Het u dit al gedoen?

A2Indien u ‘n besigheid in die privaat sektor het en u PAIA-handleiding is nog nie opgetrek nie, is dit nou die tyd om daarmee te begin, aangesien PAIA-handleidings vir privaat entiteite teen 31 Desember 2015 aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê moet word. Weet u wie die Inligtingsbeampte gaan wees (dit kan u wees!) en watter inligting in ‘n PAIA-handleiding ingesluit moet word? Indien nie, lees gerus verder.

Watter persoon in ‘n organisasie is verantwoordelik vir die PAIA-handleiding?

Die hoof van ‘n privaat entiteit is verantwoordelik vir die samestelling en voorlegging van die PAIA-handleiding aan die SAMRK. In die geval van ‘n privaat maatskappy is die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) die hoof van die maatskappy en as sulks gewoonlik die Inligtingsbeampte verantwoordelik vir die PAIA-handleiding. Die Inligtingsbeampte kan ook die persoon wees wat die funksie ekwivalent tot die van die HUB van ‘n regspersoon vervul. Die HUB of die persoon wat die funksie ekwivalent tot die van ‘n HUB vervul, kan ook enige ander persoon magtig om as die Inligtingsbeampte op te tree.

Watter inligting moet in ‘n PAIA-handleiding ingesluit word?

Die inligting wat in ‘n PAIA-handleiding vereis word, sluit in, maar is nie beperk nie tot die volgende:

  • Die naam en kontakbesonderhede van die hoof van die privaat entiteit:
  • Telefoonnommer
  • Faksnommer
  • E-pos adres
  • Posadres
  • Straatadres
  • ‘n Lys van ander wetgewing toepaslik tot die entiteit, bv. die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998, die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, ens;
  • ‘n Lys van rekords deur die besigheid gegenereer in terme van ander wetgewing toepaslik tot die entiteit, gekategoriseer per Wet, byvoorbeeld, lys die dokumente wat bygehou moet word in terme van die Maatskappywet 61 van 1973 onder ‘n opskrif genaamd “Maatskappywet Rekords”. Voorbeelde van dokumente wat gelys moet word in terme van die Maatskappywet is aandeelregisters, notules van Raadsvergaderings, en die Memorandum en Akte van Oprigting;
  • Watter van die gegenereerde rekords outomaties beskikbaar is sonder dat dit aangevra hoef te word;
  • Watter van die gegenereerde rekords slegs op aanvraag beskikbaar is;
  • Prosedures wat gevolg moet word en fooie betaalbaar deur ‘n persoon wat inligting aanvra; en
  • Die prosedures beskikbaar aan ‘n persoon wie se versoek tot inligting geweier is.

Die bogenoemde inligting is slegs ‘n riglyn en moenie as ‘n volledige lys beskou word nie.

Dit is belangrik om te onthou dat verskillende entiteite verskillende tipes rekords sal genereer volgens elke entiteit se unieke handelsomgewing en inligtingstelsels. Daar is geen generiese lys van rekords wat toepaslik is op alle entiteite nie. Daar moet dus seker gemaak word dat alle relevante rekords in die PAIA-handleiding ingesluit word.

Hoe om ‘n PAIA-handleiding in te dien

Geen fooie is betaalbaar wanneer ‘n PAIA-handleiding aan die SAMRK voorgelê word nie.

Na voltooiing van die PAIA-handleiding moet die hoof van die entiteit elke bladsy van die handleiding parafeer en voluit teken op die laaste bladsy.

‘n Oorspronklik getekende harde kopie van die PAIA-handleiding moet aan die SAMRK se PAIA-afdeling gepos word. Getekende PAIA-handleidings mag via e-pos ingedien word, maar ‘n oorspronklik getekende harde kopie moet steeds aan die PAIA-eenheid gepos word.

‘n Nota oor versoeke om toegang tot inligting in terme van die PAIA-Wet

Elke Jan Rap en sy maat kan nie in terme van PAIA inligting van ‘n entiteit versoek nie. Die persoon wat die inligting versoek, moet, onder andere, details soos identiteit en ‘n posadres/faksnommer in Suid-Afrika verskaf, sowel as die reg wat die aanvraer wil uitoefen/beskerm, met ‘n verduideliking van hoe die inligting wat aangevra word, sal bydra tot die uitoefening/beskerming van daardie reg. ‘n Privaat entiteit het die reg om ‘n versoek tot inligting te weier.

Die optrek van ‘n PAIA-handleiding kan op verskeie maniere vir ‘n besigheid voordelig wees. Terwyl die inligting wat in die PAIA-handleiding ingesluit moet word, versamel word, kan tekortkominge in sekere stelsels of verslae wat nie ingesluit is nie, maar wat deur die Wet vereis word, moontlik ontdek word. As dit nie vir die opstel van die PAIA-handleiding was nie, sou die entiteit nie die geleentheid gehad het om die tekortkominge of weglatings te ontdek en te korrigeer nie.

Verwysingslys:

Dokumente gepubliseer deur die SAMRK op www.sahrc.org.za en geraadpleeg op 23 Augustus 2015 (Let wel: Dokumente geraadpleeg was in Engels geskryf en die name van die dokumente wat volg, is ‘n direkte vertaling van Engels na Afrikaans):

  • Voorbeeld van ‘n handleiding vir ‘n privaat liggaam
  • Gidsnotas: PAIA-handleidings
  • Generiese weergawe van Afdeling 51-handleiding vir privaat liggame

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies. (E&OE)

Passive income and SARS

A1Have you ever investigated passive income opportunities to earn extra money? Did you consider the effect that earning additional income might have on your current income tax liability? If your income increases, whether from a passive income source or otherwise, SARS will soon come to the party to claim its share of your profits. Do you know what the effect of earning passive income might be on your present tax situation? If not, do read the rest of this article.

What is passive income?

Passive income is money you earn now which you didn’t have to work for now. However, you did work for it when you set up your source of passive income in the past.

If you set up your passive income source correctly, it will continue to generate income with either a minimum or no presence from you as the business owner. That’s what makes passive income so attractive: there’s no direct link between the number of hours you work and/or must be present in the business, and the amount of money you can make.

Provisional tax considerations

A taxpayer will not be required to submit provisional tax returns if his/her only source of income is remuneration from their employer and the employer deducts PAYE on a monthly basis from such remuneration.

PAYE can only be deducted by an employer from remuneration paid to its employees. If you earn passive income which is not subject to PAYE, you will have to submit provisional tax returns. Provisional tax is calculated on the estimated taxable income for a specific tax year. Please consult your tax adviser for advice regarding any potential provisional tax obligations.

Income tax considerations

As with any type of business income, passive income will be subject to income tax. SARS will allow a taxpayer to deduct the expenses incurred in generating the passive income, provided that the expenses are tax deductible in terms of income tax legislation. A taxpayer earning passive income will thus be taxed on the resulting profit (passive income less expenses incurred to generate that passive income).

For an expense to be tax deductible against passive income, it must fulfil all the following requirements:

  • It must have been actually incurred (i.e. the expense must either have been paid already or be due and payable);
  • In the carrying on of any trade;
  • In the production of passive income (there must be a link between the expenditure and the passive income); and
  • Not be of a capital nature (i.e. the expense must not give rise to an enduring/long term benefit).

If you are not sure whether an expense will be tax deductible and/or at which amount, please consult your tax adviser for advice.

Dual-purpose expenses (i.e. expenses that were incurred both for business and private purposes at the same time) may be apportioned according to the ratio of the business-related portion to the total amount of the expense. Only the business-related portion of the total expense will be tax deductible.

The profit you earn as a result of your passive income venture will be added to your taxable income for a specific tax year. If you already earn income from another source (e.g. salary/wages), that income and the profit from passive income will be added together to determine your taxable income. Taxable income will thus increase, which might put you into a higher tax bracket with a higher tax percentage.

To avoid nasty surprises it is important to consider the income tax implications of a passive income opportunity before taking advantage of such an opportunity. Although the figures you use for the calculations will be estimates and might not be that accurate, it’s still better to do some semi-accurate calculations than no calculations at all.

Reference List:

Accessed on 3 September 2015:

Accessed on 9 September 2015:

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE)

Korttermyn versekering: Gevolge van onder- of oorversekering

A3Sommige mense glo in korttermyn versekering, ander weer nie. Indien u wel daaraan glo om korttermyn versekering uit te neem, moet u seker maak dat u bates nie onder- of oorverseker is nie. Indien u bates oorverseker is, beteken dit u betaal onnodige premies vir dekking wat u nie sal kan eis nie. Indien u onderverseker is, dink u moontlik dat u vir ‘n sekere bedrag dekking het, terwyl u in der waarheid nie soveel dekking geniet as wat u gedink het nie.

Oorversekering

Kom ons kyk na Mary se geval:

Tien jaar gelede het Mary vir haar ‘n motor gekoop en dit verseker teen die destydse markwaarde van R50 000. Alhoewel die markwaarde van haar motor met verloop van tyd verlaag het, het sy nooit haar versekeringsmaatskappy daaroor ingelig nie.

Gister was sy in ‘n ongeluk waarin haar motor afgeskryf is. Sy dien ‘n eis by haar versekeringsmaatskappy in vir R50 000, aangesien dit die bedrag is waarvoor haar motor verseker was.

Aangesien die motor teen markwaarde verseker was, word die versekering se uitbetaling op die huidige markwaarde van die motor gebaseer. Ten tyde van die ongeluk was die motor se markwaarde slegs R10 000.

Mary is baie ongelukkig aangesien sy premies betaal het op ‘n markwaarde van R50 000 en nou slegs R10 000 van die versekeringsmaatskappy ontvang het.

Wat het hier gebeur?

Mary was oorverseker, want haar motor was verseker vir meer as sy markwaarde. Dit was haar verantwoordelikheid om haar versekeringsmaatskappy van tyd tot tyd te kontak sodat die versekerde waarde van haar motor afwaarts aangepas kan word, aangesien sy markwaarde met verloop van tyd verlaag het. Aangesien die motor se versekeringspremies op sy markwaarde gebaseer was, sou haar premie verlaag het elke keer as sy die versekeringsmaatskappy daaraan herinner het om die markwaarde van haar motor afwaarts aan te pas. Sy sou dan nie premies betaal het vir oormatige dekking waarteen sy in elk geval nie kon eis nie.

Onderversekering

Kom ons kyk nou na John se geval:

Hy het sy huis oorspronklik vir R50 000 gekoop en dit verseker teen die destydse markwaarde van R50 000. Tien jaar later tref ‘n ramp hom en sy huis brand af. Ten tyde van die brand was die huis se waarde R100 000. John het egter nooit die versekeringsmaatskappy in kennis gestel dat die markwaarde van sy huis oor die jare verhoog het nie.

John dien ‘n eis vir R100 000 by sy versekeringsmaatskappy in, maar die versekeringsmaatskappy betaal slegs R25 000 aan hom uit.

Wat het hier gebeur?

Die versekeringsmaatskappy het die ratio bereken tussen die waarde waarvoor John sy huis verseker het en wat dit werd was op die tydstip toe dit afgebrand het, en wel as volg:

Waarde verseker / Huidige markwaarde = R50 000/R100 000 = 50%

Die ratio van 50% beteken dat die huis slegs vir die helfte van sy markwaarde van R100 000 verseker was ten tyde van die brand.

Die versekeringsmaatskappy het hierna die pro rata ratio van 50% toegepas op die werklike versekerde bedrag om die bedrag van sy versekeringsuitbetaling soos volg te bereken:

Bedrag verseker x Ratio onderverseker = R50 000 x 50% = R25 000

Indien John van tyd tot tyd sy versekeringsmaatskappy gekontak het om die versekerde bedrag van sy huis te verhoog tot die werklike markwaarde, sou die versekeringsdekking op sy huis meer in lyn met sy werklike markwaarde van R100 000 gewees het toe sy huis afgebrand het. Sy premies sou van tyd tot tyd verhoog het om die toename in die versekerde bedrag te weerspieël.

Albei bogenoemde scenario’s illustreer dieselfde feit: dit is uiters noodsaaklik dat u versekeringsmaatskappy akkurate en opgedateerde inligting het waarvolgens hulle die bedrag van u versekeringsdekking en –premies kan bepaal. Aan die einde van die dag is dit u verantwoordelikheid om die markwaarde van u bates dop te hou en u versekeraar in kennis te stel van enige veranderings in die markwaarde wat ‘n aanpassing in die versekerde waarde van die bate mag vereis.

Verwysingslys:

Toegang verkry op 18 September 2015

  • SAIA Verbruikers Opvoedingspamflet geskryf deur Denis Beckitt (Titel direk vertaal uit Engels)

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies. (E&OE)

Taxation of trusts

A2_newIn the budget speech during February 2013 the minister of finance mentioned that the taxation of trusts will come under review to control abuse. In the 2013 budget review published by National Treasury the following was said regarding the taxation of trusts.

To curtail tax avoidance associated with trusts, government is proposing several legislative measures during 2013/14. Certain aspects of local and offshore trusts have long been a problem for global tax enforcement due to their flexibility and flow-through nature. Also of concern is the use of trusts to avoid estate duty, which will be reviewed. The proposal will not apply to trusts established to attend to the legitimate needs of minor children and people with disabilities.

The proposals are as follows:

  • Discretionary trusts should no longer act as flow-through vehicles. Taxable income and loss (including capital gains and losses) should be fully calculated at trust level with distributions acting as deductible payments to the extent of current taxable income. Beneficiaries will be eligible to receive tax-free distributions, except were they give rise to deductible payments (which will be included as ordinary revenue).
  • Trading trusts will similarly be taxable at the entity level, with distributions acting as deductible payments to the extent of current taxable income. Trusts will be viewed as trading trusts in that they either conduct a trade or, if beneficial, ownership interests in these trusts are freely transferable.
  • Distributions from offshore foundations will be treated as ordinary revenue. This amendment targets schemes designed to shield income from global taxation.

From the wording above it is not clear what is meant by Treasury. To date no further information or explanations could be obtained from Treasury or other experts as to what the exact interpretation of the wording in the budget review entails.

Firstly the statement was made that there is concern about the use of trusts to avoid estate duty, and it will be reviewed. It is contrary to the information contained in the budget proposals of the previous year, where it was mentioned that consideration will be given to the abolishment of estate duty, due to certain duplication with Capital Gains Tax. This topic has been a discussion point for more than twenty years, and was also considered by the Margo Commission and the Katz Committee. Although this statement should not be ignored, nothing has materialised so far.

The paragraph dealing with discretionary trusts basically states that the flow-through (conduit) principal will no longer apply, but that distributions will act as deductible payments to the extent of current taxable income. The paragraph goes further to state that beneficiaries will be eligible to receive tax-free distributions, except where they give rise to deductible payments, which will then be included as ordinary revenue in the hands of the beneficiaries.

We interpret this paragraph to mean that any income in the trust that is distributed to beneficiaries in terms of the trust deed, will be taxable in the hands of the beneficiaries and any income not so distributed will be taxable in the trust. There is very little difference between this and the existing conduit principle. The exception may be that the income might not retain its identity as is the case with the current conduit principle.

It is also not clear why a difference is made between trading trusts and discretionary trusts, as the same tax dispensation will apply to both. The paragraph that deals with distributions from off-shore foundations speaks for itself.

The proposals in the budget review raised questions with various persons and institutions which can also be fuelled further by statements in the media. Although the proposals are aimed at preventing the misuse of trusts for avoidance of tax, it does not seem to differ materially from the current dispensation. As previously mentioned this topic has been raised from time to time, but it did not progress beyond proposals. We recommend that cognisance should be taken of the proposed developments, but decisions should only be made once more comprehensive information is available.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE)