Dit word algemeen aanvaar dat verkoopstransaksies van goedere inkomste genereer sodra die transaksie plaasvind. In terme van die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS’e) vir Klein- en Middelslagondernemings (KMO’s) word ‘n verkoopstransaksie egter eers as inkomste vir boekhoudingsdoeleindes aangeteken wanneer aan sekere vereistes voldoen is en teen ‘n waarde wat bepaal is volgens die riglyne soos uiteengesit […]