Monthly Archives: November 2015

Is dit voordelig om ‘n Trust te stig?

A5_bDie Trust kan beskryf word as ‘n regsverhouding wat ontstaan waarby die stigter bates onder die beheer van Trustees plaas. Dit gebeur óf in die stigter se leeftyd (inter vivos trust), óf by die stigter se dood (testamentêre trust). Hierdie artikel gaan fokus op die voordele en nadele van die inter vivos trust.

Die voordele van ‘n Trust is eerstens om boedelbelasting te verminder. ‘n Inter vivos trust kan gebruik word om boedelbelasting te verminder. Geen boedelbelasting is betaalbaar op bates wat deur die Trust gehou word nie, aangesien ‘n Trust nie sterf nie. Boedelbelasting is huidiglik belasbaar teen 20% van die bruto waarde van die boedel. Die boedelbelasting besparing kan aansienlik wees vir ‘n persoon met ‘n groot netto waarde, wat miljoene rande werd kan wees. Tweedens kan ‘n Trust gebruik word om beskerming te geniet teen die begunstigdes se krediteure, aangesien die bates nie die eiendom van die begunstigdes is nie en krediteure dus nie ‘n eis teen die bates van die Trust kan instel nie. Hierdie voordeel is veral belangrik vir mense wat blootgestel is aan persoonlike aanspreeklikheid. Maatskappye en persone kan bates na ‘n Trust oordra. Derdens, as gevolg van die feit dat ‘n Trust nooit sterf nie, sal die begunstigdes steeds die voordeel van die trustbate geniet, selfs al sterf een van die Trustees.

Die nadele van ‘n Trust is eerstens die kostes om ‘n Trust te stig en op te rig, wat baie hoog kan wees, selfs soveel as R20 000. As onroerende bates na ‘n Trust oorgedra word, sal hereregte ook betaalbaar wees. Die stigters van die Trust kan ook verantwoordelik wees vir Skenkingsbelasting, wat huidiglik belasbaar is teen 20% van die waarde van die bates oorgedra aan die Trust. Hereregte is belasbaar volgens ‘n glyskaal. Tweedens kan Trustees persoonlik aanspreeklik gehou word vir finansiële verliese wat deur die Trust gely word as daar bevind word dat hulle nie met die nodige sorg, toewyding en vaardigheid opgetree het in terme van Artikel 9 van die Wet op Beheer van Trustgoedere nie. Dit is belangrik om daarop te let dat “vaardigheid” meer vereis as net goeie trou. Trustees se handelinge mag dalk as nalatig beskou word indien hulle hoë-risiko beleggings aangaan, maar ook as hulle beleggings aangaan wat te konserwatief is en wat veroorsaak dat die kapitaal nie teen ‘n goeie rentekoers groei nie. Trustees moet ook bewus wees daarvan dat hulle aanspreeklik gehou kan word, selfs al is daar net een Trustee met tekenmagte, aangesien ‘n swak keuse deur hierdie persoon alle Trustees aanspreeklik vir nalatigheid sal maak.

Die stigter van die Trust moet besef dat die bates in die Trust nie langer aan hom/haar  behoort nie, maar aan die Trust. Indien hierdie verlies van beheer (van stigter na Trust) nie plaasvind nie, kan die Trust  as ‘n alter ego van die stigter gesien word, wat beteken dat hierdie bates wel in krediteure se eise ingesluit kan word en boedelbelasting gevolglik van toepassing kan wees.

Die verdienste uit bates in die Trust word teen 40% belas, en baie min vrystellings is van toepassing op Trusts. Die huidige koers vir Kapitaalwinsbelasting vir ‘n inter vivos trust is 66.6% terwyl die koers vir individue 33.3% is. Laastens is dit duidelik dat ‘n Trust nie ‘n geskikte keuse vir almal is nie.

Dit is belangrik om die voordele en nadele te oorweeg voordat ‘n besluit gemaak word om ‘n Trust te stig. Die beste besluit sou wees om met ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner of prokureur te praat, wat kan help om die regte besluit met betrekking tot die spesifieke situasie te maak.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

Wie is aanspreeklik vir die skade in ‘n motorongeluk?

A4_bWat gebeur met my motor nadat ek betrokke was in ‘n ongeluk en wie is verantwoordelik vir die skade?

Bo en behalwe die emosionele en finansiële spanning wat dit vir die persoon en sy familie veroorsaak, is daar ‘n hele paar regsbeginsels wat van toepassing is.

Die mees prominente regsveld wat van toepassing is as mense betrokke is in ‘n motorongeluk is dié van deliktereg. Deliktereg speel ‘n belangrike rol in die bepaling van wie aanspreeklik is vir die skade, indien enige. As die skade veroorsaak is as gevolg van die opsetlike of nalatige handeling of versuim van iemand anders (die derde party), sal daardie persoon gewoonlik aanspreeklik wees vir die skade wat die motoreienaar gely het. Daar is wel sekere verwere tot die beskikking van die derde party, maar dit val buite die bestek van hierdie artikel.

Die versekeringsreg kan ook hierin ‘n groot rol speel indien die motoreienaar versekering het. Die leerstuk van subrogasie sal hier van toepassing wees. Dit is ‘n aanvaarde beginsel in die versekeringsreg dat wanneer ‘n versekeraar ‘n versekerde volledig vrywaar teen verlies wat deur ‘n derde party veroorsaak is, is die versekeraar geregtig om in die naam van die versekerde die skade van die derde party te verhaal. Die beleid onderliggend aan hierdie leerstuk is om te verhoed dat die versekerde dubbele vergoeding ontvang vanaf sowel die versekeraar as die derde party.

Vanuit ‘n prosedurele oogpunt verkry die versekeraar die reg om regstappe in die versekerde se naam teen die derde party in te stel indien die versekerde steeds ‘n onbevredigde eis teen die derde party het. Hierdie beginsel veroorsaak dat die versekeraar dominus litis (meester in die geding) word, maar net in naam en ten behoewe van die versekerde. Die versekeraar word geregtig daarop om die verrigtinge in die naam van die versekerde te voer met die voorbehoud dat die versekeraar die versekerde volledig moes gevrywaar het en hom of haar ook moes gevrywaar het teen die risiko van regskoste wat uit die verrigtinge mag onstaan. Die versekeraar het geen onafhanklike eis teen die derde party nie, maar dwing net die versekerde se eis af vir die versekeraar se eie voordeel.

Om op te som, die motoreienaar sal self die derde party aanspreeklik kan hou mits hy nie versekering het nie. Indien hy wel het, en hy eis die skade van die versekering, sal die versekering die skade van die derde party verhaal in die naam van die versekerde. Die verhouding tussen die versekerde en die versekering is ‘n kontraktuele verhouding en indien enige van die partye versuim om hulle pligte na te kom, kan hulle aanspreeklik gehou word op grond van kontrakbreuk.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.  (E&OE)

Contracting with minors in a digital context

A3_bIn this article, we examine whether contracts entered online by minors, using their parents’ credit cards, are legally binding in the specific context of social media such as Facebook.

Both Common law and legislation deal with the capacity of minors who enter into different types of contracts. According to the Children’s Act, 38 of 2005 a minor is a person between the ages of seven and 18 years. In terms of common law a minor does not have sufficient capacity to incur binding obligations under a contract and must obtain the assistance or consent of their guardian to do so. This consent can be given before the contract is concluded or thereafter, in which case it is seen as ratification of the contract. There are exceptions to this rule, which may be found in various pieces of legislation as well as in common law, such as contracts where the minor obtains only rights and no duties (e.g. a donation).

A minor can escape liability even when they have been bound in terms of the contract (i.e. where the guardian has assisted the minor in the conclusion of the contract, consented to or ratified the contract). This can be done where the contract was prejudicial to him or her at the time that it was concluded. The court may then, on application, set the contract aside and order that each party be placed in the same position as what they were in before the contract had been concluded.

Facebook is currently involved in an ongoing class-action lawsuit. In this lawsuit, a class of parents in America are pressing their claim that Facebook should change how it handles online transactions by minors.

Attorneys for the parents in the above case note that it is important that Facebook has knowledge of a user’s actual age but still treats children the same as adult users when it comes to taking their money.

One of the biggest issues here is that reciprocal performance, being the payment of money via credit or debit card and the child obtaining credits, takes place almost immediately. Therefore, if the parent were to be refunded, the minor would be unjustifiably enriched using the credits.

The system, that Facebook currently employs, is therefore problematic since it takes advantage of children who may not fully understand the contracts that they are entering into when they purchase game credits. Furthermore, should the parents be immediately refunded in the current system, it may lead to situations where the parent consents to the purchases and then after the child obtains the enjoyment from the credits, request that their accounts be credited due to a ‘lack of consent’.

It is therefore clear that this system of payment should be changed. We should obtain clarity on how to deal with this in South Africa once the class-action suit in America has been concluded and a solution has been reached. At present, it seems that there will be no alternative for parents whose children overspend or use their credit or debit cards, without permission. If your child has, a Facebook gaming habit it is a good idea to keep a close eye on your wallet until we have clarity on the recourse available to parents who find themselves in this situation.

Bibliography

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE)

Waarom neem die oordrag van my eiendom so lank?

A2_bNadat ‘n koopkontrak onderteken is wil die kopers meestal met groot opgewondenheid en so gou moontlik in die eiendom intrek.  Wanneer hulle egter in kennis gestel word van die proses wat voor registrasie moet plaasvind, plaas dit dikwels ‘n demper op hulle opwinding. Gepaardgaande hiermee kan daar selfs vertragings met die transaksie voorkom.

Ten einde onnodige frustrasie te voorkom is dit noodsaaklik dat die partye wat by die transaksie betrokke is die prosesse verstaan en bewus sal wees dat vertagings soms onvermydelik is. Behalwe moontlike vertragings is daar ‘n aantal prosesse wat gevolg moet word voordat ‘n eiendom in die koper se naam geregistreer kan word.

Uit die staanspoor moet vasgestel word of ‘n geldige en bindende koopkontrak tussen die partye tot stand gekom het. Indien dit nie die geval is nie, sal ‘n geldige en bindende kontrak eers tussen die partye aangegaan moet word.

Die koopkontrak is normaalweg die beginpunt van ‘n transaksie vir ‘n aktebesorger aan wie die opdrag gegee is om die oordrag te hanteer. Die aktebesorger staan ook bekend as die transportprokureur en is gewoonlik die hoofskakel tussen die ander prokureurs wat met die oordragtransaksie gemoeid is. Ander betrokke prokureurs is gewoonlik die verbandprokureur en/of verbandkansellasieprokureur.

‘n Belangrike rol van die transportprokureur is om enige verbandhouers, byvoorbeeld banke, in kennis te stel van die transport sodat enige kennisgewingperiodes vir die kansellasie van verbande ‘n aanvang kan neem. Die kennisgewingtydperk is gewoonlik 90 dae. As die verband gekanselleer word voordat die tydperk verstryk het kan daar boetes betaalbaar wees.  Die transport kan dus moontlik vertraag word as gevolg van die kennisgewingtydperk.

Indien die koper ‘n nuwe verband wil registreer om die transaksie te finansier sal ‘n verbandprokureur aangestel word.  Aangesien die transportprokureur nie normaalweg bewus sal wees wie die verbandprokureur is wat opdrag ontvang het om die verbandregistrasie te doen nie, sal die bank gewoonlik die verbandprokureur meedeel wie die transport sal hanteer.  Die verbandprokureur sal dan eerste met die transportprokureur skakel.

Verkryging van die verskillende sertifikate, kwitansies en toestemming wat van toepassing mag wees op die betrokke transaksie, neem ook tyd in beslag.  Voorbeelde van hierdie dokumente is die belastinguitklaringsertifikaat, hereregtekwitansie, huiseienaarsvereniging se toestemming tot die oordrag, heffingklaringsertifikaat, elektriesenakoming-sertifikaat en loodgietersertifikaat.

Die hereregtekwitansie word van die Ontvanger van Inkomste verkry en moet met alle eiendomstransaksies ingedien word, selfs al is geen hereregte betaalbaar aan die Ontvanger van Inkomste nie.  Gedurende 2013 het dit ongeveer sewe werksdae geneem vanaf indiening van die versoek totdat die hereregtekwitansie uitgereik is.

Die belastingklaringsertifikaat word van die plaaslike munisipaliteit in die gebied waar die betrokke eiendom geleë is, verkry. Die transportprokureur sal eerstens die munisipaliteit versoek om hom in te lig watter bedrag hulle benodig om die sertifikaat uit te reik.  Na ontvangs daarvan kan die bedrag betaal word en die transportprokureur wag dan vir ontvangs van die uitgereikte sertifikaat. Die tyd wat hiervoor nodig is verskil van munisipaliteit tot munisipaliteit.  Gedurende 2013 is syfers in die Stad Kaapstad meestal uitgereik op dieselfde dag waarop dit versoek is en is die sertifikaat binne ongeveer vyf werksdae na betaling, uitgereik. Hierdie tydraamwerk word grootliks daardeur beïnvloed of die munisipaliteit op ‘n elektroniese stelsel werk of nie.

Indien die eiendom geleë is in ‘n gebied waar ‘n huiseienaarsvereniging gestig is sal daar normaalweg ‘n titelaktevoorwaarde wees ingevolge waarvan die huiseienaarsvereniging se toestemming verkry moet word voordat die oordrag kan plaasvind. Die tyd wat dit neem vir die uitreiking van hierdie sertifikaat verskil van een huiseienaarsvereniging tot die ander.

Wanneer ‘n loodgieter of elektrisiën ‘n eiendom inspekteer kan gevind word dat bepaalde herstelwerk eers gedoen moet word voordat die sertifikate uitgereik kan word. As die werk wat uitgevoer moet word aansienlik is kan dit groot vertragings met die transaksie veroorsaak.

Indien die eiendom verkoop word deur ‘n eksekuteur van ‘n bestorwe boedel, moet die toestemming van die Meester van die Hooggeregshof eers verkry word voordat die eiendom getransporteer kan word. Indien die Meester van die Hooggeregshof weier om sodanige toestemming te verleen alvorens aan sekere vereistes voldoen is, kan dit tot groot vertragings lei.

Sodra die transportprokureur tevrede is dat alle relevante dokumente gereed is, sal hy reël vir gelyktydige indiening by die Aktekantoor deur al die prokureurs betrokke by die transaksie.  Dit is dus noodsaaklik dat die verbandprokureur teen hierdie tyd die nodige toestemming van die verbandhouer ontvang het om voort te gaan met indiening en dat die verbandkansellasieprokureur die nodige toestemming gereed het om die bestaande verband/e wat oor die eiendom geregistreer is, te kanselleer.

Nadat al die dokumente by die Aktekantoor ingedien is volg daar ‘n interne proses wat ‘n verskillende tydsbestek in die verskillende Aktekantore kan hê. Hierdie tydsbestek kan ook  binne ‘n bepaalde Aktekantoor wissel. Die beste is om jou aktebesorger te raadpleeg oor die tydsbestek wat in enige gegewe stadium van toepassing is.

Die lys van moontlike vertragings in ‘n transaksie wissel van een transaksie tot die ander en die moontlikhede is eindeloos. Dit is raadsaam om met jou transportbesorger te skakel vir ‘n verduideliking sou jy voel dat die proses te lank neem.

Verwysings:  Aktebesorging, UNISA 2004, Departement Privaatreg, Ramwell, Brink & West

Saamgestel deur Riëtte Nel

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

 

 

Steps of the criminal procedure

A1_bThe purpose of criminal procedure is to ensure the security and safety of the public through effective investigation of crimes so that criminals can be identified and brought to justice.

First the crime is reported to the police station. Thereafter the police opens a docket and the crime is investigated by the investigating officer. Next the docket is sent to Court and the prosecutor must make a decision as to whether further investigation is necessary. The National Prosecuting Authority (NPA) decides whether to prosecute or not. If the NPA decides not to prosecute, it is most likely because the case is not strong enough, for example if there is too little evidence available. If the NPA decides that the accused will be prosecuted, the case is sent to Court for indictment.

The prosecutor may decide on diversion of the case as an alternative decision. Diversion is a system for first time offenders charged with petty crimes. They are given a chance to do community service, pay for damages resulting from the crime, undergo treatment for alcohol or drug problems, and/or counselling for antisocial or mentally unstable behaviour. When the case is heard in Court, the accused may apply to be released on bail. The effect of bail is that an accused who is in custody is released from custody upon payment of the amount of money determined for his or her bail, or the furnishing of a guarantee to pay it. He/she must then appear at the place and on the date and at the stipulated time determined for his or her trial, or to which the proceedings relating to the offense of which the accused is released on bail. The Constitution provides for the following: “Everyone who is arrested for allegedly committing an offence has the right to be released from detention if the interests of justice permit, subject to reasonable conditions.”

At the start of a trial, the prosecutor states the charges laid against the accused. The accused then pleads to the charge, which might be guilty or not guilty. If the accused pleads not guilty, the case must proceed to trial. The matter may be postponed to obtain further evidence or to get a lawyer for the accused.

On the day of the trial the prosecutor will first call witnesses to testify so that it can be proved that the accused is guilty beyond reasonable doubt. Thereafter the accused or his/her attorney will also call witnesses to testify or produce evidence. After both sides have been heard, the presiding officer must make a decision as to whether the accused is guilty or not. If the accused is found guilty, the accused will be sentenced by the presiding officer. The Court may consider other sentencing options besides imprisonment or fines. If sentenced to prison, the accused may be released on parole under certain circumstances.

Reference list:

  • Joubert, 2001, Criminal ProcedureHandbook.
  • TheNationalProsecuting Authority ofSouthAfrica, 2008, Understanding theCriminal Justice System.
  • The ConstitutionofSouthAfrica, 1996.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE)