Monthly Archives: May 2014

Haastige hond verbrand sy mond

A4 BDis die klassieke geval: Mandie ry 31 km/h oor die maksimum snelheidsperk in ‘n poging om tred te hou met die res van die motors op die pad. Sy is onder die indruk dat sy bloot by die vloei van die verkeer hou toe sy skielik flitsende ligte in haar truspieël sien. Mandie aanvaar verkeersboetes as ‘n “lewensfeit“ en beskou oortredings as die buig van reëls eerder as die pleeg van ‘n misdaad.

Maande later arriveer die verkeerskennisgewing in die pos en Mandie berei haar voor vir ‘n swaar boete. Sy is egter geskok wanneer die kennisgewing haar verwittig dat sy in die hof moet verskyn en dat sy strafregtelik vervolg word.

Mandie en die meeste ander Suid-Afrikaners is nie bekend met ‘n wysiging aan Artikel 35 van die Wet op Nasionale Padverkeer wat in 2010 aangebring is nie, waarvolgens ‘n voertuigbestuurder strafregtelik vervolg kan word vir die oorskryding met meer as 30km/h van die maksimum snelheidsperk en dat die rybewys van iemand wat skuldig bevind word,  opgeskort kan word.

Hierdie bepaling  kan ernstige gevolge hê vir baie padgebruikers. Nie net moet Mandie vir `n kriminele oortreding in die hof verskyn nie, maar bestaan die moontlikheid dat haar rybewys opgeskort kan word en dat sy boonop ‘n kriminele rekord kan kry. 

Artikel 35 van die Wet op Nasionale Padverkeer:

  1. Die term “oorskry” in Artikel 35(1)(aA)(i) en (ii) verwys na ‘n snelheid van 31 km/h of meer bo die voorgeskrewe spoedgrens in ‘n stedelike area en ‘n snelheid van 41km/h of meer bo die voorgeskrewe spoedgrens buite ‘n stedelike gebied of op ‘n deurpad.
  2. Indien jy op heterdaad betrap word wanneer jy een van hierdie oortredings begaan, sal jy in hegtenis geneem word. Dienooreenkomstig sal jy op borgtog vrygelaat word en aangemaan word om op ‘n vasgestelde datum en tyd in die hof te verskyn.
  3. Indien jy nie gestop is deur `n verkeersbeampte nie, sal jy ‘n kennisgewing in die pos ontvang waarin jy verwittig word van ‘n dagvaarding waarin jy gelas word om in die hof te verskyn, welke dagvaarding op ‘n latere stadium persoonlik op jou beteken sal word.

Versuim om in die hof te verskyn ooreenkomstig die kriminele dagvaarding sal lei tot die uitreiking van ‘n lasbrief vir jou  arrestasie. Die Wet vereis dat ‘n persoon skuldig bevind moet word aan ‘n beweerde oortreding voordat enige regsgevolge daaruit voortvloei. Aangesien ‘n snelheid bo die snelheidsgrens soos hierbo aangedui as ‘n kriminele oortreding beskou word, sal die staat bo redelike twyfel moet bewys dat die persoon skuldig is aan sodanige oortreding.

Die opskorting van jou rybewys vir die tydperk soos voorgeskryf in die Wet is nie ‘n opsionele vereiste nie. Dit is ‘n verpligte opskorting vir ‘n tydperk van ses maande in die geval van ‘n eerste oortreding. Waar ‘n persoon skuldig bevind word aan ‘n tweede oortreding kan sy/haar rybewys opgeskort word vir ‘n tydperk van tot vyf jaar en in die geval van die derde of daaropvolgende oortreding, vir tot soveel as tien jaar.

Hoewel baie geregtelike beamptes (landdroste) Artikel 35(3) wyd interpreteer wat betref die opskorting al dan nie van ‘n rybewys, beteken dit nie dat indien opskorting van jou rybewys nadelige gevolge vir jou sal inhou, jou rybewys nie opgeskort sal word nie.

Die eenvoudige beginsel geld: Spoed mag dramatiese gevolge vir jou inhou. Die dae van bloot net jou boete by die naaste verkeersdepartement betaal, is verby.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

The consumer’s rights under the Consumer Protection Act

A1 edit BCan a consumer take you, the service provider, to court because they did not understand some of the terms and conditions of your signed contract? Beware, the answer is Yes!

From April 2011 the Consumer Protection Act came into full effect with the result that it is now against the law to use difficult-to-understand language in any business document or contract.

Business usually comes with some kind of paperwork, whether it’s a contract, a letter of agreement or even an instruction booklet. These vital documents are often written in language that is hard to understand for the average consumer, which is why there are specific Plain Language regulations in The Consumer Protection Act to prevent consumers signing documents they do not understand.

Protecting the consumer

The Act’s express purpose is to make sure consumers are not treated unfairly – intentionally or not. This means that using plain language is more crucial than ever. From now on, using obscure and confusing wording, especially in binding contracts, is not allowed. Quite simply, it’s illegal!
Too many consumers have landed in big trouble, especially financial trouble, because they haven’t understood what they’ve signed. Sometimes contracts are written in bloated, bureaucratic jargon just because that’s the way it has always been, or because the people writing the contracts don’t know any other way to do it. Often, though, unscrupulous businesses have used complicated language on purpose, as a way to trick consumers into paying for something they can’t afford, to sign away their rights, or to agree to unfair terms and conditions.

Defining plain language

The Consumer Protection Act defines plain language in Part D, Section 22 as follows:

“For the purposes of this Act, a notice, document or visual representation is in plain language if it is reasonable to conclude that an ordinary consumer of the class of persons for whom the notice, document or visual representation is intended, with average literacy skills and minimal experience as a consumer of the relevant goods or services, could be expected to understand the content, significance, and import of the document without undue effort, having regard to:

  1. The context, comprehensiveness and consistency of the notice, document or visual representation;
  2. The organisation, form and style of the notice, document or visual representation;
  3. The vocabulary, usage and sentence structure of the notice, document or visual representation; and
  4. The use of any illustrations, examples, headings, or other aids to reading and understanding.”

This means that one won’t be permitted to word things so widely that they can be understood in several ways. The Act states that if there is any doubt about the meaning of certain words or terms and conditions, the benefit will go to the consumer.

Even advertising and marketing may no longer contain any ambiguity. Advertisements won’t be allowed to exaggerate and they will have to be easy to understand, fair and honest. The Act states that service providers will have to spell out everything in words that consumers can understand, alternatively the consumers have the right to full disclosure and information in plain and understandable language.

So, don’t delay. If you have a business document or contract that has been used for generations you might have to take a second look at it to edit or reword it so that it complies with the Consumer Protection Act.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

 

Hondebyt en die finansiële risiko vir die eienaar

A2 BNa aanleiding van ‘n redelike hoeveelheid sake wat ons ontvang het en wat in duur litigasie ontaard het, het ons besluit om die risiko’s aan die eienaars uit te wys, hoe aanspreeklikheid ontstaan en hoe om hierdie risiko te ondervang.

Wanneer ‘n persoon deur ‘n hond gebyt word, kan die beseerde persoon aksie instel teen die eienaar van die hond vir die verhaal van skade. Skuld aan die kant van die eienaar is nie ‘n vereiste vir aanspreeklikheid om aanhangig gemaak te word teen die eienaar nie. Indien daar aan die vereistes hieronder voldoen word, is dit nie vir die beseerde persoon nodig om enige skuld aan die kant van die eienaar te bewys nie. Selfs al was die eienaar dus nie nalatig in enige opsig nie, kan hy/sy steeds aanspreeklik gehou word vir beserings of skade veroorsaak deur die hond.

Wat moet bewys word ten einde met so ‘n eis te slaag? 

Vir die beseerde persoon om te slaag met so ‘n eis moet die volgende bewys word:

  1. Die persoon wat gedagvaar word, moes die eienaar van die dier gewees het toe die voorval plaasgevind het. Die blote feit dat ‘n persoon in beheer van ‘n dier was, is nie genoegsaam nie;
  2. Die dier moet ‘n huishoudelike dier wees wat gevolglik enige wilde diere uitsluit;
  3. Die beserings was veroorsaak in omstandighede waar die dier strydig met sy eie natuur opgetree het. Die dier moes dus anders opgetree het as wat verwag kan word van ‘n goedopgeleide dier van daardie soort. Ons howe ag ‘n hond wat byt se optrede as strydig met sy aard. Waar die hond egter deur ander faktore uitgelok of geterg word, word dit nie geag dat die hond strydig met sy natuur optree nie;
  4. Die persoon wat beseer is, moet regmatig teenwoordig wees waar skade veroorsaak was. ‘n Persoon wat dus onregmatig ‘n perseel betree, behoort onder normale omstandighede nie met so ‘n aksie te slaag nie. 

Verwere beskikbaar vir die eienaar van die hond 

Alhoewel skuld aan die kant van die eienaar van die hond nie ‘n vereiste is, is daar ‘n verskeidenheid verwere beskikbaar aan die eienaar in die geval van ’n eis vir skadevergoeding.  Die verwere sluit die volgende in:

  1. Skuld aan die kant van die beseerde persoon. Byvoorbeeld die beseerde persoon het die dier geprovokeer deur hom te slaan, voorwerpe na hom te gooi of deur die dier te terg;
  2. ‘n Derdeparty het die skade veroorsaak. Byvoorbeeld ‘n derde persoon provokeer die hond, maak die hond seer of terg die hond met die gevolg dat die hond die beseerde persoon aanval;
  3. Provokasie deur ‘n ander dier. Byvoorbeeld waar ‘n ander hond die eienaar se hond aanval en die eienaar se hond dan die beseerde persoon aanval;
  4. Toestemming tot benadeling. Waar die beseerde persoon uitdruklik of stilswyend deur sy/haar optrede toestem tot benadeling. Dit sal byvoorbeeld die geval wees waar die persoon gebyt word, maar vooraf gewaarsku is teen die hond en waar die persoon byvoorbeeld verklaar dat hy/sy nie bang is nie. ‘n Hof behoort te bevind dat die persoon toegestem het tot moontlike benadeling en so ‘n aksie behoort nie te slaag nie. 

Watter skade kan geëis word? 

Met ‘n hondebyt kan ‘n wye verskeidenheid skade van die eienaar geëis word, wat onder meer pyn en lyding, verlies aan lewensgenietinge, ongeskiktheid en verminking, mediese uitgawes reeds aangegaan asook toekomstige mediese uitgawes, en verlies aan inkomste insluit. Selfs ‘n persoon wat ‘n aanval op ‘n ander waarneem, kon emosionele trauma beleef het (mits dit bewys word) en kan dan van die eienaar van die dier skadevergoeding eis.

Dit is gevolglik belangrik vir die eienaar van ‘n hond om bewus te wees van die potensiële aanspreeklikhede vir die optrede van sy dier. Die aanspreeklikheid kan ernstige finansiële gevolge inhou en eienaars moet voorsorg tref om hulle honde te beheer en veilig binne hulle eiendom te hou.

Korttermyn versekering 

Die meeste korttermyn versekeringspolisse maak voorsiening vir hierdie tipe aanspreeklikhede teen ‘n minimale koste. Neem tyd om die dekking met jou makelaar en/of versekeraar te bespreek. Eise van dié aard kan astronomiese proporsies aanneem en jou versekeraar kan help om jou teen die risiko te beskerm.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

Seller’s protection under voetstoots clause limited

A1 BA seller’s protection under the “voetstoots” clause in a deed of sale for immovable property is not as “absolute” as some might think. It is still the seller’s duty to inform prospective purchasers about all latent (hidden) defects in a property. A seller’s failure to do so could cost the seller in the long run, as per a recent ruling by the Supreme Court of Appeal in Banda & Fynn vs Van der Spuy (781/2011) [2013] ZASCA 23 (22 March 2013).

Examples of latent defects are a leaking roof or a faulty geyser. It basically includes any defects that cannot be seen with the naked eye. Prospective purchasers will, for example, not see water marks on a ceiling resulting from a leaking roof in the “dry” months.

In the abovementioned case the sellers failed to inform the purchasers about the true extent of the damage to the property’s roof. The sellers were aware of the fact that the roof leaked and had some repairs done to it to try and fix the problem. On closer inspection by specialists it was found that the cause of the leaks were twofold. Firstly, the wooden roof poles were inadequate to properly support the weight of the thatch roof and resulted in the gradual sagging of the roof. Secondly, the pitch of the property’s thatch roof was only 35 degrees and not 45 degrees as it should be, which would have at least ensured that rain water would run off the roof. The specialists testified that due to the pitch of the roof being 35 degrees, water ran into the roof and caused the thatch to rot more quickly. It was found that the initial repairs were therefore not sufficient to stop the roof from leaking in future. The purchasers only discovered this after registration of the property and the sellers had to fork out to replace the roof, as the problem could not be permanently solved by doing repairs to it. Even though the sellers were not aware of the bigger problem, namely the incorrect pitch of the roof, they were still held liable because they were aware that the repairs which they had done were not adequate.

On the other hand, patent defects are still the purchaser’s responsibility. Prospective purchasers cannot sit back and think that if any problems occur after occupation, the sellers will be held liable. A patent defect is defined as “one which will be apparent on an ordinary inspection”*. An example of a patent defect will be a crack in a wall which shows through the paint. It is a prospective purchaser’s duty to ask the sellers about such defects and get all guarantees from the sellers in writing.

It is clear that a mutual responsibility rests on sellers and purchasers regarding defects in a property. Sellers should be honest regarding latent defects and purchasers should be vigilant, when viewing a property, for any patent defects. It will be wise for sellers to rather negotiate a lower purchase price due to defects in a property, and to disclose them to the purchaser.  Failing to be honest with the purchaser could have huge financial implications for the seller after registration of the property. 

References:
Banda & Fynn vs Van der Spuy (781/2011) [2013] ZASCA 23 (22 Maart 2013)
*Dictionary of Legal Words and Phrases, 2nd edition, Claassen

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.