Category Archives: Defamation

Wees versigtig wat jy se of skryf

Die skending van iemand se naam is deesdae ‘n ernstige oorweging tydens interaksie met die skryf van briewe, e-posse en algemene gesprekke. ‘n Eiser moet eerstens bewys dat die kommentaar wat oor hom of haar gemaak is, gepubliseer is (geopenbaar aan iemand anders as die eiser) en tweedens dat die kommentaar prima facie lasterlik tot sy reputasie is. Sodra dit bepaal is, berus die onus (bewyslas) op die verweerder om te bewys dat sy optrede nie onregmatig was nie (m.a.w. sonder opset).

Onregmatigheid is gebaseer op opset in teenstelling met nalatigheid. Selfs waar dit vasstaan dat die verweerder onregmatig opgetree het, mag hy steeds ander verwere hê soos:

  1. Dat die woorde die waarheid is;
  2. Dat die kommentaar in openbare belang is;
  3. Dat die kommentaar slegs ‘n opinie was en nie as ‘n feit weergegee is nie;
  4. Dat die kommentaar billik was onder die omstandighede;
  5. Dat die kommentaar gemaak is onder omstandighede van gekwalifiseerde privilegie, byvoorbeeld waar iemand ‘n plig het en die ontvanger ‘n plig het om daarvan kennis te neem.

Die feit dat die kommentaar die waarheid is, beteken nie dat dit nie skending is nie. Die toets om die skendingswaarde te bepaal, is of die redelike persoon van gewone intelligensie dit as neerhalend sou verstaan het. Die verweerder kan slaag met sy verweer dat sy kommentaar billik en in openbare belang was, mits daar geen element van opsetlikheid in is nie. Die eiser hoef maar slegs te bewys dat die verklaring prima facie op ‘n skending van sy reputasie neerkom en dat dit gepubliseer is.

Publikasie kan teenoor ‘n spesifieke persoon of binne hoorafstand van die algemene publiek plaasvind, en dit word as materieel beskou as dit hoorbaar is aan ander of onder die publiek versprei word soos in ‘n boek, plasings op webtuistes, of bulletinborde op die Internet.

Die onus rus op die verweerder om sy  verdediging op ‘n balans van waarskynlikhede te bewys. Wat dit beteken, is dat die twee weergawes oorweeg moet word en die hof besluit dan op die mees waarskynlike weergawe onder die omstandighede. Wanneer die hof egter nie kan besluit watter weergawe die waarheid is nie en waar dit as verdediging geopper is, sal die verweerder nie met sy verdediging slaag nie.

In ‘n demokrasie is kritiek, ondeurdagte beskuldigings en insinuasies – soms onbillik en ongegrond – deel van die politieke speelveld, en regdenkendes in ‘n gemeenskap dink gewoonlik nie minder van politici wat die onderwerp van sulke kommentaar deur opposisiepartye of politieke kommentators is nie. Die konteks veroorsaak dalk dat wat andersins lasterlik sou wees, niks meer as misbruik is nie. Die howe laat baie grasie toe vir politieke debat en politici behoort nie oorhaastig te reageer nie. Nietemin is dit belangrik dat howe toegewings maak, maar nie immuniteit gee nie en dat daar beperkings is: enige toegewing behoort vir politieke inligting, aktiwiteite of sake wat verband hou met die land se politiek te wees, maar nie meer as dit nie, en onderskeid moet ook getref word tussen ongevraagde aanvalle op die integriteit en reputasie van politici en ‘n aanval op iemand se politieke sienings, beleid en optrede. Die howe moet die waardes van openheid, deursigtigheid en rekenskap toepas, en tog steeds integriteit en privaatheid beskerm. Dit blyk dat die grense oorskry word waar bymotiewe of eeneerbare gedrag ter sprake is.

Verwysings:

Law of South Africa, Volume 8(1) – Second Edition Volume
Delta Motor Corporation (Pty) Ltd, vs Van der Merwe, 2004 (6) SA 185 (SCA)
Constitution of the Republic of SA, 1996 ss 10 and 16
National Media Ltd vs Bogoshi, 1998 4 All SA 347 (SCA)

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

Wees versigtig wat jy sê of skryf

A_2BDie wet van naamskending poog om balans te vind tussen die eiser se reg op reputasie, en ‘n verweerder se reg op vryheid van uitdrukking – twee regte wat deur beide die gemenereg en in die Grondwet erken word. Die skending van iemand se naam is deesdae ‘n ernstige oorweging tydens interaksie met die skryf van briewe, e-posse en algemene gesprekke. ‘n Eiser moet eerstens bewys dat die kommentaar wat oor hom of haar gemaak is, gepubliseer is (geopenbaar aan iemand anders as die eiser) en tweedens dat die kommentaar prima facie lasterlik tot sy reputasie is. Sodra dit bepaal is, berus die onus (bewyslas) op die verweerder om te bewys dat sy optrede nie onregmatig was nie (m.a.w. sonder opset).