Category Archives: Familiereg

Vermaak by jou gunsteling plaaslike restaurant of kwekery: Wie is aanspreeklik vir jou kind se veiligheid?

A1_bOns hoor dikwels van fratsongelukke waarin ‘n kind of ‘n kleuter beseer is. Het hierdie iets geword wat die samelewing as vanselfsprekend aanvaar?

Wie is aanspreeklik en wie is verantwoordelik vir veiligheid in hierdie situasies?

Ongelukke gebeur so vinnig – die soort ongelukke wat ‘n dag van opwinding en vreugde in ‘n nagmerrie gevul met afgryse verander. Hierdie tipe fratsongelukke kan binne ‘n oogwink gebeur indien die nodige stappe nie geneem word om hulle te verhoed nie.

Neem jou plaaslike restaurant as ‘n voorbeeld. Deesdae het amper elke restaurant ‘n speelkamer of vermaaklikheidsarea wat tot die beskikking van kinders of kleuters gestel word. Hierdie tipe vermaaklikheidsarea het selfs begin populêr word in kwekerye en by funksies soos troues of partytjies, ten einde die jongelinge besig te hou. Die vraag bly egter – wie word verantwoordelik gehou vir die versekering van veiligheid by hierdie vermaaklikheidsareas? Wat is die regsposisie vandag in Suid-Afrika?

Om die regsposisie te bepaal, moet daar na praktiese voorbeelde gekyk word, dus kyk ons na die voorbeeld van die vermaak aangebied by plaaslike restaurante en kwekerye en ook by funksies. Die Kinderwet sal hier van toepassing wees.

Artikel 140 van die Kinderwet 38 van 2005 is van toepassing indien:

  1. Die plek waar die vermaak aangebied word toeganklik is met deure, trappe, hysers of ‘n ander tipe meganiese toegang;
  2. Die meerderheid mense wat toegang verkry, kinders is; en
  3. Die persone, kinders ingesluit, wat die perseel binnegaan, meer as 50 is.

In die bogemelde geval moet die persoon wat die vermaak aanbied, kennis neem van die maatreëls wat vervat word in die Kommentaar op die Kinderwet, spesifiek wat betref Artikel 140.

Die persoon wat vermaak aanbied in ‘n area wat kragtens die bogenoemde vereistes kwalifiseer, moet ingelig wees oor die getal mense, insluitend kinders, wat op die perseel gehuisves kan word en moet ook verseker dat daar ‘n voldoende aantal helpers beskikbaar is om toe te sien dat te veel kinders nie die area binnegaan nie. Alternatiewelik moet daar ten tye van toegang verseker word dat dit volkome veilig is om so te doen.

Sou die getal mense (insluitend kinders) wél die getal van 50 oorskry, bly dit die verantwoordelikheid van die aanbieder van die vermaak om alle redelike stappe te doen en voorsorgmaatreëls te tref om die veiligheid van die kinders en ander mense in die vermaaklikheidsarea deurentyd te verseker.

Ek verwys weer na die voorbeeld van ‘n restaurant of funksie. Hierdie vermaaklikheidsplekke huisves soms groot getalle kinders en selfs kleuters, en dit vereis streng nakoming van die veiligheidsmaatreëls.

Nog ‘n voorbeeld is ‘n kinderpartytjie waar ‘n springkasteel beskikbaar gestel word. Gestel mnr X se dogter verjaar en mev Y bied aan om haar springkasteel by die partytjie op te rig vir die vermaak van die kinders. In hierdie geval is dit mev Y se verantwoordelikheid om toe te sien dat daar aan alle veiligheidsvereistes voldoen word en sy, as aanbieder van die vermaak, sal aanspreeklik wees vir die veiligheid van die kinders. Sou mev Y om die een of ander rede nie aanspreeklik gehou word nie, sal die verantwoordelikheid om die veiligheid van die kinders te verseker op haar volmaggewer as die “agent van die vermaak” neerkom.

Dit bly uiters belangrik dat die aanbieder of agent van die vermaak alle redelike stappe moet doen om na die veiligheid van die kinders en selfs die kleuters om te sien en sover moontlik hul veiligheid te verseker. In situasies soos hierdie, waar ‘n groot aantal kinders betrokke is, sal strenger veiligheidsmaatreëls vereis word.

Dit bring ons by nog ‘n vereiste, naamlik dat die beweging van deelnemers aan die spesifieke vermaak deurentyd gemonitor moet word.

Die vereistes om kragtens Artikel 140 te kwalifiseer, skep die indruk dat die artikel en sy vereistes slegs van toepassing is op situasies waar vermaak binnenshuis aangebied word, maar dit is nie die geval nie. Buitelug-vermaaklikheidsareas waar toegang beheer word, is ook aan hierdie kriteria onderhewig. Buitelugareas soos strande en oop velde word vanselfsprekend uitgesluit, aangesien toegang hiertoe nie beheer of beperk kan word nie.

Opsommend kan ons dus tot die gevolgtrekking kom dat die verpligting om die veiligheid en beskerming van die kinders wat gebruik maak van die vermaaklikheidsareas te verseker, dié is van die “vermaakorganiseerder” of die ”vermaakbestuurder” en dat hierdie persoon die volgende maatreëls moet tref:

  1. Bepaal die maksimum veilige ruimte wat nodig is om die getal kinders en ander mense wat na verwagting die geleentheid sal bywoon, te huisves;
  1. Verseker dat ekstra kinders nie toegelaat word tensy dit veilig is nie;
  1. Beheer die beweging van die kinders in die area;
  1. Verseker dat algehele veiligheid deurentyd gehandhaaf word in die omgewing van die vermaaklikheidsarea en binne die area self.

Daar is egter steeds die gevaar dat iets kan skeefloop, en dit bring ons by die stappe wat teen die oortreder gedoen kan word, hoewel daar tans geen kriminele sanksies vasgestel is of in die vooruitsig gestel word nie.

Enige persoon wat behoorlik daartoe gemagtig is deur die munisipale owerheid van die betrokke gebied mag te eniger tyd ‘n omheining binnegaan om te verseker dat daar aan alle veiligheidsmaatreëls voldoen word. Sou dit blyk dat daar nie aan die maatreëls voldoen word nie, mag die persoon enige lisensie wat uitgereik is om die vermaak te magtig, terugtrek.

Ander maatreëls sluit in munisipale veiligheids- en gesondheidsverordeninge wat toegepas kan word om die aanbied van die geleentheid te verbied totdat die nodige veiligheidsmaatreëls getref is.

Laastens mag, in die geval van besering of skade wat gely word as gevolg van nalatigheid, ‘n deliktuele eis teen die oortreder ingestel word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

Verskille tussen die wet op gesinsgeweld en die wet op beskerming teen teistering

Blog_2Daar is mense wat op ‘n daaglikse basis ly onder emosionele en fisiese mishandeling, maar nie heeltemal seker is wat hulle kan doen om dit te voorkom nie. Daar is twee opsies beskikbaar. Daar kan óf aansoek gedoen word vir ‘n Beskermingsbevel, óf vir ‘n Teisteringsbevel. Baie mense weet egter nie wat die verskil tussen die twee is en watter bevel van toepassing op hulle situasie sou wees nie.

‘n Beskermingsbevel word beskryf as ‘n vorm van ‘n hofbevel wat vereis dat ‘n party sekere dade moet doen, of ophou om sekere dade te doen. Hierdie bevele vloei uit die hof se krag om billike remedies toe te staan in die situasies. Die volgende moet teenwoordig wees wanneer jy aansoek doen vir ‘n beskermingsbevel:

  • Daar moet ʼn patroon van geweld wees.
  • Dit moet ‘n tipe huishoudelike geweld wees soos:
  • Fisiesegeweld
  • Seksuelegeweld
  • Finansiëlegeweld
  • Emosionele/verbalegeweld
  • Die geweldmoetteen diepersoon watdieaansoek bring, gerig wees.

‘n Beskermingsbevel word ingesluit in die Wet op Gesinsgeweld. Dit beteken dat die misbruik tussen twee persone moet wees wat in dieselfde huis woon, soos broer en suster, of ma en pa, ens. Sodra die aansoek vir ‘n Beskermingsbevel toegestaan is, word ‘n keerdatum uitgereik. Op die keerdatum kan die Applikant besluit om aansoek te doen dat die bevel verwyder word of dat die Hof dit ‘n finale bevel maak. Indien die bevel finaal gemaak word, is dit permanent bindend. Indien die Respondent die Beskermingsbevel oortree, kan hy/sy tot 5 jaar gevangenisstraf ontvang. As die Applikant onder valse voorwendsels vir ‘n Beskermingsbevel aansoek doen, kan die Applikant tot 2 jaar gevangenisstraf ontvang.

Die aansoek vir ‘n Beskermingsbevel is ‘n ex-parte aansoek, wat beteken dat die aansoek sonder die Respondent se teenwoordigheid in die Hof aangehoor kan word. Dit kan probleme veroorsaak in die geval waar die Respondent onskuldig is en nie die geleentheid kry om homself/haarself te verdedig nie.

As jy die slagoffer van beledigende of dreigende gedrag is deur iemand waarmee jy nie ‘n huishoudelike verhouding het nie, kan dit teistering wees. As jy geteister word, kan jy aansoek doen vir ‘n Teisteringsbevel. Die volgende is belangrike feite rakende Teisteringsbevele:

  • Geenpatroonis nodig nie, en’n eerste oortredingkanvoldoende weesvir die toestaan van ‘n Teisteringsbevel.
  • Geen verhouding word vereis nie, en dit kan tee niemand wees wat jy nie ken nie.
  • Geen geweld hoef teenwoordig te wees nie.
  • Teisteringsluit in:agtervolg, boodskappe, ongewenstepakkette, briewe, sielkundige skade, liggaamlike leed, finansiële skade, ens.

As jy besluit om aansoek te doen vir ‘n Teisteringsbevel sonder dat jy weet  teen wie dit is, kan die Hof ‘n polisiebeampte vra om die saak te ondersoek. Die aansoek vir ‘n Teisteringsbevel vind plaas in ‘n ope hof, wat beteken dat dit nie privaat is nie – dit kan soms veroorsaak dat slagoffers nie aansoek doen om hierdie bevel nie. Sodra ‘n Teisteringsbevel toegestaan is, is dit bindend vir 5 jaar. Indien die Applikant die bevel wil terugtrek, moet die Hof tevrede wees dat die omstandighede verander het. Verbreking van ‘n Teisteringsbevel kan tot 5 jaar gevangenisstraf lei, en dit is ook dieselfde straf wat opgelê kan word vir Applikante wat die aansoek onder valse voorwendsels bring.

Dit is belangrik om te weet dat daar oplossings beskikbaar is vir slagoffers van afbrekende verhoudings. Of dit nou emosionele, fisiese of finansiële mishandeling is deur iemand wat jy ken of agtervolging en teistering deur ‘n onbekende persoon, dit het tyd geword om standpunt in te neem teen mishandeling.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak altyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. E&OE.