Cluver Markotter welcomes Sherine as a director and Jana to the team

Jana (left) and Sherine (right)

Sherine Roberts has been promoted to the position of director at Cluver Markotter on 1 February 2017. She joined the firm as a senior associate in the property law department in May 2016. Sherine is a graduate of the University of the Western Cape and has been practising as a conveyancing attorney for eight years.

Jana Bothma joined Cluver Markotter as an associate in January 2017 in the Litigation Department, where she focusses predominantly on eviction proceedings. She studied at Stellenbosch University where she also obtained her Master’s degree in law. Jana completed her articles as a candidate attorney at Stellenbosch University’s Legal Aid Clinic.

We congratulate Sherine on her promotion and welcome Jana to the team of professionals and wish them success with their careers at Cluver Markotter.

Cluver Markotter verwelkom vir Sherine as direkteur en vir Jana tot die span

Sherine Roberts is op 1 Februarie 2017 tot direkteur van Cluver Markotter bevorder. Sy het in Mei 2016 as senior assosiaat in die eiendomsafdeling by Cluver Markotter aangesluit. Sherine is ʼn gegradueerde van die Universiteit van Wes-Kaapland en praktiseer reeds vir agt jaar as aktebesorger.

Jana Bothma het gedurende Januarie 2017 as ʼn assosiaat in die litigasieafdeling, waar sy hoofsaaklik in uitsettingsaangeleenthede spesialiseer, by Cluver Markotter aangesluit. Sy het ʼn Meestersgraad in Regsgeleerdheid by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Jana het haar kandidaat-prokureurskap by die Regshulpkliniek van die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

Ons wens Sherine geluk met haar bevordering en verwelkom vir Jana by ons span. Ons wens hulle voorspoed met hul loopbane by Cluver Markotter toe.